Jan Andries Hendrik (Johnny) Mouton - 9 Maart 2010
Pappa,
Jy was ‘n kind van die wind wat met
pennies op die spoor gespeel het.
Jou liefde vir die aardse skepping
Wat jy elke dag aanskou en met eerbied bewonder het,
Het in jou are gevloei.
Jy wou sweef soos ‘n arend
bo dit wat jy so lief gehad het
maar jou seer het net te seer gemaak.
Jy het gesmag na waters van rus
En als wat ons het is geleen.
Mag jy, ons geliefste man, pa, oupa, seun en broer
Elke dag van nou af
‘n Somerkersfees ervaar
Mag God se liefde als verander
Mag jy elke dag jou hande in die lug gooi
Basuine blaas,op tromme slaan en voor God se oë dans
En afsluit met Amen soos net jy kon
Ai, jy gaan dit geniet…!
En hier sê ons vir jou,
“So long Johnny, Johnny ons sê koebaai”
Jy was ‘n kind van die wind wat met
pennies op die spoor gespeel het.
Jou liefde vir die aardse skepping
Wat jy elke dag aanskou en met eerbied bewonder het,
Het in jou are gevloei.
Jy wou sweef soos ‘n arend
bo dit wat jy so lief gehad het
maar jou seer het net te seer gemaak.
Jy het gesmag na waters van rus
En als wat ons het is geleen.
Mag jy, ons geliefste man, pa, oupa, seun en broer
Elke dag van nou af
‘n Somerkersfees ervaar
Mag God se liefde als verander
Mag jy elke dag jou hande in die lug gooi
Basuine blaas,op tromme slaan en voor God se oë dans
En afsluit met Amen soos net jy kon
Ai, jy gaan dit geniet…!
En hier sê ons vir jou,
“So long Johnny, Johnny ons sê koebaai”
Reviews (0)
Be the first to review this listing!
